LEOPARD ROCK HOTEL

' n Luukse hotel en gholfbaan in die Vumba-berge in Zimbabwe

Die Leopard Rock Hotel is een van Zimbabwe se legendariese en bekendste toeriste-instellings. Dis in die Bvumba-berge in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe. Die Leopard Rock Hotel is een van die gunsteling-uithangplekke van koninklikes, sportsterre, vermaaklikheidskunstenaars, asook “gewone” toeriste wat die fyner dinge in die lewe kan waardeer.

Die Leopard Rock Hotel in die Vumba-berge het die atmosfeer van ‘n Franse chateau. Tydens haar besoek aan Zimbabwe in 1953 het die Britse Koninginmoeder dit as “die mooiste plek in Afrika” bestempel. Sedertdien het min verander.

Gaste by die Leopard Rock Hotel in Zimbabwe gaan tuis in 58 uiters stylvolle kamers, almal en-suite en toegerus met haardroër, lugversorging, kluis, platskerm-satelliet-TV, Wi-Fi, telefoon, tee/koffie-stasie, mini-kroeg, 13 A 220 V vierkantige proppe en 24-uur kamerdiens.

Die kamers in die “Turret”-vleuel is die oorspronklike akkommodasie van die Leopard Rock Hotel. Die ruim kamers het hul atmosfeer behou, en herinner gaste aan ‘n vergange era. Die gesinskamers in die “Turret”-vleuel is baie gewild onder gesinne wat by die Leopard Rock Hotel tuisgaan. Elkeen van die gesinskamers het twee slaapkamers en twee badkamers.

Die suites en kamers in die “Casino”-vleuel is later bygevoeg, maar is ook op dieselfde stylvolle, klassieke wyse as die “Turret”-vleuel versier. By die Leopard Rock Hotel is die “Casino”-vleuel suites ruimer as die “Casino”-vleuels. Die “Casino”-vleuel suites het elk nog ‘n aangrensende sitkamer wat met ‘n buffet, koffietafel en gemaklike leunstoele toegerus is. Die “Casino”-vleuel kamers is modern, maar het steeds ‘n klassieke atmosfeer. Die uitsig vanaf die balkonne is onvergeetlik.

Die “Derama”-suite by die Leopard Rock Hotel is die verpersoonliking van luuksheid en outydse elegansie. Dit bied ‘n aantrekkamer, sitkamer, asook ‘n koningsgrootte-bed. Hierdie suite is ewe gewild onder vermaaklikheidsterre as wittebroodspaartjies. Die suite is vernoem na die dorpie wat aan die voet van die Chinyakwaremba-berg wat bokant die Leopard Rock Hotel uittoring, geleë is. Die “Derama”-suite kyk op die beroemde gholfbaan van die Leopard Rock Hotel uit en het ‘n stoep waarop jy op sonstoele kan ontspan, die omgewing kan bewonder, of selfs ‘n aandete onder die sterrehemel kan geniet.

Kinders is baie welkom by die Leopard Rock Hotel. ‘n Volledige kinderspyskaart word aangebied, en kinder- of babawagterdienste is beskikbaar indien pa en ma die pragtige natuurtonele in die omringende Bvumba-berge van Zimbabwe wil geniet. Bykomende geriewe sluit ‘n eendag-wasgoeddiens asook ‘n mediese nood- en reddingslugdiens.

Die cuisine wat by die Leopard Rock Hotel in die Vumba-berge aangebied word, is van die beste wat jy op ‘n besoek aan Zimbabwe sal teenkom. Die La Roche Restaurant is in die “Turret”-vleuel van die Leopard Rock Hotel. Die ruim kamer met die ouwêreldse kandelaar is ‘n baie gewilde lokaal vir huweliksonthale. Die spyskaart word volgens vereistes saamgestel en sluit altyd die varsste bestanddele wat in die Bvumba-berge verbou word, in. Die “Terrace Restaurant” met kenmerkende groot sambrele bied middagetes aan, met die klem op “café”-cuisine. Die “ Conservatory ” is die lokaal waar aandetes bedien word. Luister na die sagte klaviermusiek in die agtergrond terwyl jy die beste van seisoenskos geniet. Indien jy voor ete of slaaptyd ‘n drankie wil geniet, is “Napoleon’s Bar” die ideale keuse. Maak jou reg vir die atmosfeer van ‘n baie gesofistikeerde klub vir ouwêreldse here. Jy kan darem ook na sportgeleenthede op die groot skerm kyk. Terwyl jy jou voorgee probeer verbeter op die Leopard Rock Hotel se gholfbaan, kan jy ligte maaltye, buffetmaaltye (Afrika-styl geregte) en drankies by die “Clubhouse” geniet. Hulle beroem hulself op super-vinnige diens, dus sal jy jou spel nie te lank hoef te onderbreek nie! 
 
Die Leopard Rock Hotel in Zimbabwe bied ‘n vakansie-ondervinding wat jy met groot vreugde sal onthou. Die bekende gholfbaan is nie die enigste aantreklikheid by die Leopard Rock Hotel nie. Daar is ‘n tennisbaan onder spreiligte, swembad, muurbalbane en gimnasium wat ook deel van die pakket uitmaak. As jy dink die geluksgodin is aan jou kant, besoek gerus die Casino met talle poker-masjiene, roulette, Black Jack, Punto Banco en Chemine de Fer. Verken die omgewing op ‘n perdsafari (dag of oornag) of op lang of kort staproetes. Besoek gerus ook die Mbiga-watervalle, Bvumba Botaniese Tuine, Bunga Forest Botaniese Reservaat, Hivu Kwekery, Mutare Museum, Mutare Hooglande, Alexander-meer en die Smallbridge Dam. Die Leopard Rock Wildreservaat huisves zebra, impala, wildebeeste, nyala en koedoe en bied talle geleenthede vir die ywerige fotograaf.

Moeilik om te glo, maar party mense gaan tydens sakebesoeke by die Leopard Rock Hotel tuis (rus die sakemense nooit nie?). Vir hierdie onvermoeide siele bied die Leopard Rock Hotel in die Vumba-berge konferensiegeriewe wat onder die beste in Zimbabwe gereken word. Daar is vier lokale, wat elk groepe van wisselende groottes kan huisves. Alles is met alle denkbare konferensie-toerusting toegerus.

GPS 19 08 46.00S, 32 47 05.00E 
TEL: +27 (0) 21 855 0821








  

  

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

Die beste twee oorde in die oostelike Hooglande van Zimbabwe is Leopard Rock Hotel en die Troutbeck Inn hotel naby NyangaSikumi Tree Lodge bied uitstekende akkommodasie by die Hwange Nasionale Park en Caribbea Bay Hotel in Kariba. Laasgenoemde is 'n oord soortgelyk aan Leopard Rock Hotel en word ook aanbeveel vir konferensies.

BOTSWANA AKKOMMODASIE

Jou eerste nag in Botswana na jou verblyf by Leopard Rock Hotel sal die Marang Gardens hotel in Francistown wees. Die Marang Hotel is ideale verblyf vir almal wat van Leopard Rock na die Okavango Delta onderweg is. Jou volgende stop kan Nata Lodgehalfpad tussen Francistown en Maun wees. In Maun kan jy by Island Safari Lodge bly vanwaar jy die Okavango Delta kan verken.

NAMIBIE AKKOMMODASIE

Geen toer van Suidelike Afrika sonder Namibië kan volledig wees nie. Die Leopard Rock Hotel beveel daarom sterk aan dat jy die land besoek nadat jy by ons gebly het. Mazambala Island Lodge is in die Caprivi en bied uitstekende akkommodasie in die Caprivi Nasionale Park. Die Vingerklip Lodge in Damaraland of Kaokoland is 'n goeie lodge naby die Vingerklip in die noorde van Namibië.Indien jy die hoë sanduine van Sossusvlei wil besoek kan jy gerus in Sossusvlei Desert Camp by Sessriem bly.